Gimnaste na Limpopo

SWARTWATER — Swartwater Gimnastiekklub het 11 en 12 Mei aan ʼn kwalifiserende kompetisie vir die Limpopospan deelgeneem.

Al die vlak 1-3 seun- en meisiegimnaste het gekwalifiseer om op 25 en 26 Mei aan die Limpopokompetisie deel te neem.

Afrigters Melissa Gouws, Yolande Vos en Louise Booyse sê hulle is hard besig om te oefen vir die Provinsiale kampioenskappe maar hulle is reeds baie trots op wat die kinders reeds bereik het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.