Gimnaste om dop te hou

Links bo is Yolandé Vos en Melissa Gouws. Regs bo is Elnicea Ferreira, Leané Botha en Shané Botha (vlak 4-gimnaste). Onder is die vlak 1-3-gimnaste saam met Hantie van der Watt, skoolhoof van Laerskool Unitas
Links bo is Yolandé Vos en Melissa Gouws. Regs bo is Elnicea Ferreira, Leané Botha en Shané Botha (vlak 4-gimnaste). Onder is die vlak 1-3-gimnaste saam met Hantie van der Watt, skoolhoof van Laerskool Unitas

SWARTWATER — Die vlak 1-3 gimnaste van Swartwater gimnastiekklub (almal leerders van Laerskool Unitas) het op 12 en 13 Augustus aan die Limpopo-kampioenskappe in Polokwane deelgeneem. Uit die 19 gimnaste wat ingeskryf het, is 18 in die Limpopo-span opgeneem en hulle ontvang 17 goue – en twee silwer medaljes.
Die vlak 4-dogters neem op 20 Augustus aan die Limpopo-kampioenskappe te Thabazimbi deel en al drie dogters kry span wat beteken hulle neem op 6 Oktober vanjaar aan die SA-kampioenskappe deel in Kaapstad.
Veertien goue -, twee silwer – en een brons medalje word op 26 en 27 Augustus tydens die Noord Sone-kompetisie in Kemptonpark verower.
Swartwater atletiekklub is tans die derde grootste klub in Limpopo en hulle groei steeds.
Melissa Gouws, ‘n oud-leerder van Hoërskool Ellisras, het in Januarie vanjaar met hulpafrigting by die klub begin en volgens Yolandé Vos, hoofafrigter, het Melissa ‘n “General Leaders” kursus geslaag, wat beskou word as die eerste stap om later te kwalifiseer as gimnastiekafrigter. “Sy het vinnig bekend geraak onder die afrigters in Limpopo en is klaar deel van die gimnastiekfamilie” sê Yolandé.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.