Gimnaste vereer

SWARTWATER — Swartwater Gimnastiek-klub het onlangs hulle 2017-gimnaste tydens ʼn prysuitdelings-funksie vereer. 29 gimnaste is in 2017 in die Limpopospan opgeneem.

Daar is ses wisseltrofeewenners.

Die trofee vir die beste dogtergimnas word gedeel deur Lara van Staden en Sumarie Booyse; Nick Jones is die beste seungimnas en hy behaal ook die hoogste punt met die apparaatkompetisie.

Tiaan Zietsman is die mees belowende gimnas en die mees gemotiveerde gimnas is Savannah Peens.

Gimnaste wat die beste deur die jaar gevorder het is Talita van der Walt en Duan Fourie.

Afrigters Yolande Vos, Melissa Gouws en Louise Booyse, sê hulle is baie trots op elke kind en is klaar weer hard aan die oefen vir vanjaar se kompetisies, waarvan die eerste reeds in Mei is.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.