
LEPHALALE — Dario Geyser (16) van Hoërskool Ellisras het weer eens die water warm geswem en hierdie keer in Pietermaritzburg se Senior Short Course Championships gedurende die week van 22-28 Augustus.
Dario neem deel aan verskeie items in sy ouderdomsgroep en hy behaal ‘n eerste plek in elke item.
Hy swem 50 m vryslag, 50 m vlinderslag, 100 m vlinderslag, 50 m rugslag en 100 m vryslag. Dario behaal ook ‘n algehele tweede plek in die 50 m rugslag en die 50 m vryslag uit volwasse – en tienerswemmers.
Dario is amper reeds weer op pad na ‘n kampioenskap in Singapore en hy sê dit is ‘n baie groot voorreg om die wêreld op dié manier te sien. Hy sê ook hy werp alles in die stryd om te kwalifiseer vir die volgende Olimpiese Spele.