Harde rugby teen Potties

Ruan Louw, Gerrie Blom en Neil Steyn is deur na die volgende ronde van die Limpopo-proewe

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se o. 14-rugbyspan het Saterdag 13 Mei hulle teenstanders (Hoërskool Piet Potgieter) op tuisveld verras met harde rugby waartydens Jacques Oberholzer se sleutelbeen gebreek word! Hulle wen egter die wedstryd 14-12.
Marvin Mofokeng en Maynard du Plessis druk elk ‘n drie en Bryson Webb verdoel beide drieë.
Die eerste spanne eindig hul wedstryd gelykop met 21 punte elk. Puntemakers is Neil Steyn, Wiham du Plessis en Marko de Beer wat ook suksesvol was met al die doelskoppe.
Drie van Hoërskool Ellisras se senior rugbyspelers is boonop gekies vir die volgende ronde van die Limpopo-proewe.
Die skool wens Ruan Louw, Gerrie Blom en Neil Steyn alle voorspoed toe.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.