LEPHALALE — Die rugbyspanne van Hoërskool Ellisras het die spanne van Hoërskool Pietersburg Saterdag 4 Mei verras met uitstekende harde rugby.

Die o. 15’s wen 12-7 na ʼn naelbytstryd. Die o. 16-span, wat die hele seisoen onoorwonne is, wen gemaklik met ʼn telling van 33-17. Volgens die afrigters was dit ʼn goeie spanpoging en elke speler het tot met die laaste minuut voluit gespeel.
Die derde span verloor 0-24, die tweedes 17-31 en die eerste span verloor ook hulle wedstryd.
“Alhoewel dit vriendskaplike wedstryde was het en die getalle van die twee skole baie verskil, het elke speler van EHS sy beste gegee,” sê die afrigters.