Hardies by skaakkampioenskappe

LEPHALALE — Tien van Hardekool Akademie se slimkoppe het die naweek van 8 September aan die BCVO landswye skaakkampioenskappe te Mokopane deelgeneem. Hulle het gekompeteer teen skaakspelers van vyf streke regoor die land.
Leerders het individueel asook in spanne in verskillende ouderdomsgroepe deelgeneem en die Hardies-spanne het al hulle wedstryde gewen.
Helgard Muller (o. 13) en Cobus Pretorius (o. 9) het elk ’n goue medalje en Marthinus Pretorius (o. 11) ’n silwer medalje ontvang in die individuele kategorie.
Landswye landloop
LEPHALALE — Helgard Muller van Hardekool Akademie het Limpopo verteenwoordig by die BCVO landswye landloopkampioenskappe te Mokopane op 8 September.
Hy behaal ’n derde plek in die seuns o. 13-kategorie en ontvang ’n brons medalje.