Hardekool Akademie-nuus

Hardie-redenaars presteer

LEPHALALE — Hardekool Akademie se redenaars het baie goed presteer by die afgelope BCVO landwye redenaarskompetisie.

Wian Lewies is gekies as fasewenner in die graad 7-9-kategorie.

Die volgende leerders was almal medaljewenners:

Wilhelm McAlpine (goud), Liam Ellis (silwer), Lana Lewies (goud), Tessa du Toit (brons), Wian Lewies (goud en fasewenner) en Erisa du Toit (silwer).


Knap gedaan Edward

LEPHALALE — Edward Johnson, ʼn graad 7-leerder aan Hardekool Akademie, is gekies vir die BCVO Nasionale o. 13-krieketspan.

Die landswye krieketkampioen-skappe, waar vyf streke teen mekaar meegeding het, is in Lichtenburg gehou. Een span is uit dié vyf streke gekies wat in September aan ’n nasionale toernooi gaan deelneem en Edward is deel van hierdie span.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.