Hardie-atlete presteer

Eerste plekke en goue medaljes is ontvang deur voor: SH van Zyl – turbospies met ‘n nuwe rekord, Neldri Ellis – 80 m,
100 m, verspring, 75 m hekkies, WJ Ellis – 150 m, verspring,
75 m hekkies en agter: Tristan Perkins – spiesgooi, hoogspring, Wian Lewies – 100 m, gewigstoot, Helgard Muller – 1 200 m Dewald Bronkhorst – turbospies (afwesig op foto)

LEPHALALE — 25 atlete van Hardekool Akademie het Saterdag 18 Februarie aan die BCVO-Noord-Transvaal-atletiekbyeenkoms te Potgietersrus deelgeneem en uitstekend gevaar.
16 van die atlete het altesaam 34 medaljes (14 goud, 10 silwer en 10 brons) verower en ook gekwalifiseer om vanaf 31 Maart tot 1 April aan die BCVO landswye-atletiekbyeenkoms te gaan deelneem in Sasolburg.
Die skool wens WJ Ellis baie geluk met sy aanwysing as beste baanatleet vir junior seuns.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.