Hardies weer tops

LEPHALALE — Hardekool Akademie se seuns en dogters het Saterdag 6 Mei 2017 aan die BCVO Noord-Transvaal rugby- en netbalproewe deelgeneem.
Die spelers wat deurgedring het, gaan deelneem aan die BCVO-winterspele wat vanaf 29 Junie tot 1 Julie in Groblersdal gehou word.
Die rugbyseuns wat deurgedring het is Kobus Nel, Wian Lewies, Helgard Muller, Tristan Perkins en WJ Ellis (almal o. 13).
Die o. 9-seuns is SH van Zyl, Liam Ellis en Deon de Beer en die bulletjie is Dewald Bronkhorst.
Die dogters is Erisa du Toit (o. 12A) en Geraldine Kriel, Anje de Bruin, Monique Smit en Andrea Snyman (o. 12B) asook Sanel van Zyl en Neldri Ellis (o. 11A), Thea-Mari Nel (o. 10B), Maria Kriel, Eleana Ellis, Tessa du Toit, Laya van Staden, Juweleeze Cronje (o. 9) en Lana Lewies en Eva van Staden (o. 7).

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.