“Hat Trick” vir EHS rugby

o.14 Limpopo-wenners
o.14 Limpopo-wenners
o.16 Limpopo-wenners
o.16 Limpopo-wenners

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die o.16- en o.14-rugbyspan van Hoërskool Ellisras het die afgelope Saterdag uitstekende rugby gespeel by die Limpopo Hoërskole-finale wat by Hoërskool Tom Naude in Polokwane gespeel is. Beide spanne het as Limpopo-wenners (mediumskole) uit die stryd getree.
Die o.16-span het hulle wedstryd gespeel teen die manne van Hoërskool Louis Trichardt en weggestap met ‘n eindtelling van 34-19. Hierdie manne spog ook dat hulle in 2015 die Beeldtrofeewenners was.
Die o.14-span het te staan gekom teen die manne van Hoërskool Merensky van Tzaneen en as wenners weggestap met ‘n eindtelling van 16-5.
In die o.16-span slaag Steyn van Staden met vier doelskoppe nadat drieë gedruk is deur Hannes Pretorius, Gerrie Blom, Dorian Jooste en Marco de Beer. Steyn slaag ook met twee strafskoppe. Hannes Pretorius is Speler van die Wedstryd. Afrigters Eddie Elmes en Fanus du Plessis, asook spanbestuurder Nils Meiring is met reg trots en wens hulle manne sterkte toe vir die Beeldtrofee-uitspele wat voorlê. Die o.16-span speel Saterdag 30 Julie teen Hoërskool Stoffberg in Benoni.
In die o.14-span word JP van Staden aangewys as Speler van die Wedstryd en hy druk ook ‘n drie. Tiaan Malan sorg ook vir ‘n drie en Ruan Basson slaag met twee strafskoppe. Afrigters Ruan Besseling en Rudolph Fourie se rugbyseisoen is egter nog nie verby nie. Hulle kwalifiseer nou ook vir die Beeldtrofee-uitspeelwedstryd was Saterdag 30 Julie in Benoni teen Hoërskool Brandwag gespeel word.
Skoolhoof Louis Campbell het die seuns geluk gewens en hulle trofee aan hulle oorhandig ten aanskoue – en onder luide applous – van die hele skool.
Hoërskool Ellisras het reeds vir twee agtereenvolgende jare die Beeldtrofee huis toe gebring, naamlik in 2014 (o.16-trofee) en in 2015 (o.15-trofee).

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.