Hennie is Afrika-kampioen

Leoni Kruger
LEPHALALE — Hennie en Werdie van Staden van Mogol Nyala Boogklub het onlangs aan die Field Afrika kampioenskappe in Windhoek in Namibië deelgeneem waarna Hennie uit die sowat 400 skuts as Afrika-kampioen aangewys is.
Die kampioenskappe het oor drie dae gestrek – 29 en 30 April en 1 Mei. 114 pyle is per dag geskiet tot en met 80 jaarts.
Werdie neem deel in die Adult Male Field Unlimited (AMFU) en skiet op die eerste dag in die field-rondte tot en met 80 jaarts. Hy behaal 539 uit 560 – die hoogste telling vir die dag. Hy skiet die tweede dag in die hunters-rondte tot en met 80 jaarts en behaal 535 uit 560 en die laaste dag in die animal-rondte tot en met 60 jaarts behaal hy ‘n voltal – 560 uit 560. Ten spyte van sy uitstekende telling op die laaste dag, mis hy dié keer sy goue medalje met net drie punte. Hy ontvang ‘n silwer medalje.
Hennie neem deel in die Adults Male Bow Hunter Unlimited (AMBU) en hy skiet die eerste dag in die field-rondte afstandskat 80 jaarts 521 uit 560, die tweede dag skiet hy 534 uit 560 in die hunters-rondte afstandskat 80 jaarts. Die laaste dag in die animal-rondte afstandskat 60 jaarts skiet hy ‘n uitstekende telling van 554 uit 560 en stap weg met die titel van Afrika-kampioen!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.