Hoërskool Ellisras

Boogskuts maak trots

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se boogskietspan het Saterdag 5 Mei skoonskip gemaak tydens ʼn “NASP Bull’s Eye”-kompetisie wat by Laerskool Bosveld Primary gehou is.

Die span het deelgeneem teen spanne van Waterberg Academy, Laerskool Vivo, Laerskool Bosveld Primary en Lephalale Primary en ʼn algehele eerste plek behaal.

Hierdie wenplek is bepaal deur die tellings van die eerste 12 skuts naamlik Miscka Witbooi, FA Kemp, Alwyn du Plessis, Armand du Plessis, Codi Janse van Rensburg, Waldo Maritz, Branden Perrier, PJ Human, Sonja Swart, Janet Vorster, Lindokuhie Radebe en Dineo Maake.

Die beste skuts van Hoërskool Ellisras was Alwyn Vermeulen met 279 uit 300 en Codi Janse van Rensburg en Branden Perrier met 271 uit 300 elk.


Wintersport

Die rugbypuntemakers van al die spanne

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se rugbyspanne het die spanne van Hoërskool Ben Viljoen van Mookgophong Saterdag 5 Mei in Groblersdal behoorlik pak gegee deur al hulle wedstryde te wen.

EHS se eerste rugbyspan wen 54-22, die tweede span wen 17-12, die o. 16’s wen 28-17, die o. 15’s wen 76-39, die o. 14A-span wen 15-7 en die o. 14B-span wen 57-7.

Die spelers en hulle ondersteuners sê dit was die moeite werd om so ver te ry vir sulke oorwinnings.

Die res van die sportspanne behaal gemengde welslae. Die o. 16-hokkiespan wen 6-0 en die o. 14-span wen 2-1. Die netbalspanne wat hulle wedstryde gewen het is die o. 16’s met 20-18, die o. 15’s met 22-19, die o. 14A‘s met 22-11 en die o. 14B’s met 14-6.


“Dankie,” sê skoolhoof

Adriaan Joubert, skoolhoof van EHS, bedank Jan Bal, terreinbestuurder, tydens saalopening

LEPHALALE — Adriaan Joubert, skoolhoof by Hoërskool Ellisras, het Jan Bal, terreinbestuurder by die skool, Vrydag 4 Mei tydens saalopening namens al die personeel en leerders bedank vir die goeie werk wat hy doen.

Joubert het spesiale vermelding gemaak van die uitstekende toestand van die atletiekbaan tydens die Bosveld Interhoër wat in Februarie vanjaar hier aangebied is.

Joubert het gesê Bal het sy Kersvakansie opgeoffer sodat die skool kon spog met die mooiste terrein.


Gholfers in 2de plek

Johannes Botha, Janco Lötter en Divan Geldenhuys. Afwesig: Christiaan Young

LEPHALALE — Johannes Botha, Janco Lötter, Divan Geldenhuys en Christiaan Young, gholfspelers van Hoërskool Ellisras, het Vrydag 4 Mei in Mokopane (Potgietersrus) uitgespeel om te bepaal wie die Limpopo skolegholfwenners is.

Hoërskool Ellisras se spelers het as Limpopo-naaswenners weggestap.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.