Hoërskool Ellisras — Krieket

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se o. 15-krieketspan het Saterdag 26 Augustus ʼn wedstryd teen Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal gespeel en hulle wen met 198 lopies.
EHS het eerste gekolf en kry 297 lopies vir 8 paaltjies na 50 beurte. WP Vermeulen behaal 166 lopies van 167 balle nie uit nie. Tiaan Malan behaal 35 lopies.
Die kolfwerk van EHS se span was baie goed en Hoërskool Ben Viljoen se span was uit vir net 99 lopies.
Janco Lötter neem twee en Maynhard du Plessis vier paaltjies. AJ Vermeulen en Lawrence Johnson neem elk een paaltjie.
Dié belowende span het ook Saterdag 19 Augustus hulle wedstryd teen Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi gewen te Amandelbult.
EHS het tweede gekolf en wen die wedstryd met sewe paaltjies. Janco Lötter slaan die wenlopie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.