Hoërskool Ellisras-nuus

Bakgat-boogskuts

EHS se boogskuts. Codi, Janet en FA staan heel regs op foto

LEPHALALE — Die boogskuts van Hoërskool Ellisras het Saterdag 1 September aan ʼn boogskietkompetisie, aangebied deur Laerskool Bosveld Primary, deelgeneem.

Codi Janse van Rensburg behaal ʼn eerste plek in die senior meisies met ʼn telling van 277/300 en Janet Vorster behaal ʼn derde plek met 275/300.

FA Kemp behaal ʼn derde plek in die senior seuns met ʼn telling van 277/300. Die wentelling was 285/300.

Die ander skuts se tellings is as volg: Armand du Plessis 267/300, Brenden Perrier 267/300, Lindo Radebe 267/300, Waldo Maritz 261/300, PJ Human 241/300 en Sonja Swart 216/300.


Sewes wen

Junior sewes

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het ʼn junior en ʼn senior span ingeskryf vir ʼn Sewes-rugbydag wat Saterdag 1 September in Phalaborwa gehou is.

EHS se junior sewes wen onder andere die span van Hoërskool Frans du Toit van Phalaborwa met ʼn telling van 17-12.

Albei spanne se spelers sê hulle het baie geleer en dit was vir seker die moeite werd om so ver te ry.


Krieketkonings

V.l.n.r.: Mynhardt du Plessis, Kgotso Mahlamela, Estiaan Higgo, Stefan Oosthuizen, Dian van Staden, Ethan Victor, RF Schoeman en voor: Handru Lourens

LEPHALALE — Hoërskool Hans Strijdom se o. 15-krieketspan het die o. 15’s van Hoërskool Ellisras Woensdag 29 Augustus op tuisbodem aangedurf en volgens EHS se afrigters was die wedstryd ʼn getuigskrif van goeie veldwerk.

Ván die spelers het Woensdag vir die eerste keer krieket gespeel met die rugbyseisoen wat uiteindelik verby is, maar hulle het steeds baie goed gespeel.

Stefan Oosthuizen teken 54 lopies aan en dié span met vele veelsydige spelers, wen die wedstryd met 23 lopies.

Gerhard Moller teken 10 lopies aan, Kgotso Mahlamela – twee paaltjies, Estiaan Higgo – ses lopies, Mynhardt du Plessis – een vangskoot, drie paaltjies en vier lopies, Stefan Oosthuizen 54 lopies, Dian van Staden 38 lopies en drie paaltjies, Handru Lourens – een paaltjie, Ethan Victor – een vangskoot en een lopie, RF Schoeman – een vangskoot, 15 lopies en een paaltjie.

Hulle het ook Saterdag 1 September ʼn westryd gespeel teen die o. 15’s van Hoërskool Warmbad in Bela-Bela en met vyf paaltjies gewen.

Dian van Staden teken 79 lopies aan, neem twee paaltjies en benut een vangskoot. RF Schoeman teken ses lopies aan, neem ses paaltjies en benut twee vangskote. Gerhard Moller teken nege lopies aan en een benut vangskoot. Mynhardt du Plessis teken sewe lopies aan, neem een paaltjie en benut een vangskoot. Estiaan Higgo teken 13 lopies aan en Ruan Prinsloo neem een paaltjie met een bal – die laaste bal! Stefan Oosthuizen teken 18 lopies aan en benut een vangskoot.

 

 

 

 

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.