Hoërskool Ellisras-nuus

Sewes seëvier!

Vlnr James Marx (afrigter) Hendri Reynecke, Juan du PLessis, JP van Staden, Tokkie de Beer, GP du Preez, Stefan Scholz, WP Vermeulen en Ruan Basson afwesig

LEPHALALE — Die o. 17-rugbyspan van Hoërskool Ellisras het Saterdag 15 September aan die Brits Oppi Plaas Sewestoernooi by Hoërskool Wagpos deelgeneem en weggestap met die trofee vir die beste sewespan by die toernooi!

Spanne vanuit Gauteng en Noord-Wes het ook aan die toernooi deelgeneem.

Die wen van die trofee was nie sonder moeite nie en hulle moes ʼn hele paar wedstryde speel.

EHS se sewespan wen die volgende wedstryde:

• Hoërskool Hendrik Verwoerd van Pretoria met 52-0; • Rand Park High met 57-0; • Hoërskool Koster met 28-12; • die semi-finaal teen Hoërskool Overkruin van Pretoria naelskraap met 21-19; en • die finaal teen Hoërskool Wagpos met ʼn telling van 12-10.

Die span moes die finaal speel sonder Ruan Basson nadat hy ʼn besering opgedoen het in die wedstryd teen Hoërskool Overkruin.

Puntemakers was GP du Preez, Tiaan Oelofse, Stefan Scholz, Juan du Plessis, Hendri Reynecke, Dries du Preez, WP Vermeulen, Tokkie de Beer, Ruan Basson en JP van Staden.

Hierdie talentvolle span het nie net die trofee gewen nie, hulle het boonop gehoor dat agt spelers (GP du Preez, Stefan Scholz, JP van Staden, WP Vermeulen, Ruan Basson, Tokkie de Beer, Hendri Reynecke en Juan du Plessis) gekies is om in Desember vanjaar na Georgië te toer.

Die manne is na afloop van die finaal hospitaal toe om Ruan se medalje vir hom te gaan oorhandig. Afrigter James Marx sê hy bars van trots.


Boogskuts boei

EHS se boogskuts het goed gevaar

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se boogskuts het Saterdag 15 September uitstekend gevaar tydens ʼn boogskietkompetisie tuis.

FA Kemp skiet 285 uit 300 en eindig tweede van die senior seuns en derde algeheel. Die wentelling was 287.

 Mischka Witbooi en Cody Janse van Rensburg skiet 276 en is gesamentlik tweede van die senior dogters.

Nog goeie tellings is behaal deur Branden Perrier met 279 en Waldo Maritz met 273.


EHS-krieket kraai koning

Naas Reyneke, Janco Lotter, Lawrence Johnson en Cornè van Zyl saam met skoolhoof Adriaan Joubert

LEPHALALE — Die eerste krieketspan van Hoërskool Ellisras het Saterdag 15 September hulle wedstryd teen die eerste span van Hoërskool Frikkie Meyer met 100 lopies op tuisveld gewen.

EHS het eerste gekolf en teken vinnig 243 lopies aan. Die beste kolwers was Janco Lotter met 78, Lawrence Johnson met 31 en Cornè van Zyl met 27.

Lawrence laat ook vyf paaltjies kantel in agt boulbeurte. Tiaan Nel neem twee paaltjies in ses beurte. Die span van Frikkie Meyer het net 143 lopies aangeteken.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.