Hokkiekliniek

V.l.n.r: Moabi Molebye (afrigter SA senior mans hokkiespan), Nicole Walveren, Sulette Damons en Tanya Brits (SA senior damespelers) en Matthew Martins (afrigter SA o.18 dogterspan)
V.l.n.r: Moabi Molebye (afrigter SA senior mans hokkiespan), Nicole Walveren, Sulette Damons en Tanya Brits (SA senior damespelers) en Matthew Martins (afrigter SA o.18 dogterspan)

Fransa de Beer
LEPHALALE — Die hokkiedogters van Hoërskool Ellisras het die afgelope vakansie op 18 en 19 Maart aan ‘n hokkiekliniek op tuisbane deelgeneem. Die kliniek was aangebied deur Hockey Zone Clinics.
Twee nasionale afrigters, Moabi Molebye en David Josua asook drie nasionale spelers, Tanya Brits, Nicolene Walveren en Sulette Damons was deel van die afrigtingspan. Matthew Brits, tans hokkie-afrigter by die Universiteit van Johannesburg, het ook insette gelewer.
Die dogters sê hulle het baie nuwe vaardighede geleer en elke aspek van die kliniek, veral die waterbreke, baie geniet.
Die afrigters en spelers sê hulle sien uit na ‘n belowende hokkieseisoen en hulle vra die ouers om betrokke te wees by hulle kinders en hulle aan te moedig.
Hoërskool Ellisras bedank besigheds vir hul betrokkenheid en bydraes. Hulle bedank ook elke ouer wat ingestem het dat hulle dogters die kliniek bywoon.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.