Hou top-6 dop!

Die top-6-atlete is Tokkie de Beer, Nachelle Beetge,
Ruben Vosloo, Christel van der Merwe, Jan du Plessis en Charne Vosloo

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se top-6-atlete het verlede week aan die PUMA School of Speed-byeenkoms in Roodepoort deelgeneem. 92 skole van regoor Suid-Afrika was deel van die spoggeleentheid. Die wêreldbekende Usain Bolt was ook daar en het die hele stadion op hulle voete gehad.

Al ses atlete het gekwalifiseer vir die 100 m en 200 m finale van die dag.

Ruben Vosloo, seuns o. 14, behaal ʼn skitterende tweede plek in die 100 m met ʼn tyd van 11,69 s. Nachelle Beetge, dogters o. 15, behaal ook ʼn tweede plek in die 200 m met ʼn tyd van 26,25 s.

Hierdie ses atlete het vanjaar tesame meer as 15 rekords verbeter en talle trofeë ontvang. Hulle neem Woensdag 14 Februarie deel aan die Top-10-byeenkoms te LC de Villiers-stadion in Pretoria.

Volgens hulle afrigters moet hierdie atlete vir seker dopgehou word by vanjaar se Interhoër-atletiekbyeenkoms.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.