Hul toor met rakette

LEPHALALE — Die tennisspelers van Hoërskool Ellisras het Saterdag 6 Mei aan ‘n sportdag by Bela-Bela deelgeneem.
Die volgende Rassie seuns wen hulle wedstryde: Cameron Bronkhorst 7-3, Johan Kleinhans 5-4 en Janco von Rönge 6-3.
Die span, wat bestaan uit Cameron, Johan, Janco sowel as Juan de Beer, wen hulle wedstryd teen Hoërskool Warmbad met ‘n telling van 19-18.
Die skool is baie trots op al die manne wat met hul rakette toor en afrigter Salomè Heath wat hulle so inspireer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.