Hulle speel dag en nag …

Personeel van Laerskool Bosveld Primary in ligte luim saam met personeel van Matopi Ford
Personeel van Laerskool Bosveld Primary in ligte luim saam met personeel van Matopi Ford

Ria Wells
LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se dag-nag gholfdag is gehou op 3 en 4 September. Dit is die vyfde agtereenvolgende jaar dat hulle hierdie gewilde kompetisie aanbied. Dit loop ook hand aan hand met ‘n potjiekoskompetisie waaraan spelers en gaste later die aand kan smul! Dr Jaco von Ronge, tandarts, het gewys dat hy nie net tande kan trek nie, maar ook ‘n uithalerpot aan mekaar kan slaan en is as die potwenner aangewys.
Die aand onder die sterre was vol pret en spelers het oudergewoonte lekker gekuier op ‘n informele kompetisie-basis. 114 spelers het deelgeneem.
Naaste aan die penne was Jacques Blaauw op putjie 11, Peet van Rooyen op 15, Jaco Bothma op 8 en Deon Buys op 4.
Laerskool Bosveld Primary bedank Matopi Ford in die besonder vir die borgskap wat bygedra het tot die sukses van die gholfdag.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.