Hulle wikkel vir fondse

LEPHALALE – ‘n Paar lede van Mogol rolbalklub het Saterdag 23 Februarie pannekoek en worsbroodjies by Mogol Superspar verkoop om fondse in te samel vir die rolbalkampioenskappe wat vanaf 11-15 Maart in die Kaap plaasvind.

Agter staan Linton en Ella Burger en voor is Stompie Venter (Stompie gaan Johannesburg toe om aan die toernooi vir veterane deel te neem), Dorette Wells en Nic Fouche (Nic is ‘n komiteelid en alhoewel hy nie aan die rolbaltoernooie gaan deelneem nie, het hy fluks hand bygesit om te help)

Hulle moes bontstaan om almal te help en bedank die gemeenskap vir die goeie ondersteuning asook vir Willie Liversage van Mogol Superspar wat aan hulle die geleentheid bied om dit by die supermark te doen. “Dit help verskriklik baie,” sê Linton Burger, voorsitter van die rolbalklub.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.