LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se gholfspan het Vrydag 12 Oktober vroeg vertrek na Groblersdal om aan die Interlaer- en Limpopo-proewe te gaan deelneem.

Die Bossies het puik gespeel en ’n uitstekende eerste plek behaal uit die deelnemende agt skole. Drie van die Bossie-gholfspelers is ook opgeneem in die Limpopo-laerskole gholfspan naamlik: Ruan Mostert, Ulrich Pepler en Daniel Leahy.
Dié span sê hulle sien baie uit na die res van die gholfseisoen.