
LEPHALALE — Joshua Young is die nuutste lid van die Mogol parkrun se 10 klub. Hy spog met ‘n persoonlike beste tyd van 24 minute 25 sekondes vir die 5 km parkrun.
Sy ma, Elme, sê sy kan reeds nie by bly nie, maar geniet dit om saam met Joshua aan die parkrun deel te neem.
Mogol parkrun is trots op al die juniors wat nou al sertifikate ontvang het.