KANSA-gholf goed ondersteun

Die A-divisie wenners saam met Nancy

Ria Wells
LEPHALALE — Die KANSA-gholfdag is Saterdag 3 Junie goed ondersteun met bykans 100 spelers op die baan. Tydens die prysuitdeling is talle uithalerpryse opgeveil deur Gert du Plessis.
Jan Beyer, gholfbestuurder, het die borge bedank en gesê dit is duidelik dat daar baie mense is wat ‘n groot hart vir KANSA het. ‘n Totale bedrag van R58 000 is ingesamel. Nancy van Staden, KANSA Lephalale se gemeenskapsmobiliseerder, het haar opregte dank uitgespreek teenoor almal wat by die fondsinsameling betrokke was.
Naaste aan die penne was Juan van Vuuren op putjie 4, Jonty Jarvis op 8, Christian Young op 11 en JP Smith op 15.
In die A-divisie het Riaan Nel koning gekraai met Christiaan Young en Gerhard Pepler onderskeidelik tweede en derde.
In die B-divisie het Keith February in die eeste plek geëindig met Bertus Jacobs en Leon Pienaar onderskeidelik tweede en derde.
In die C-divisie het Nestor Mendos die septer geswaai met Moses Metlae en Kobus Horn onderskeidelik tweede en derde.
In dames B-divisie het Engela Nel eerste, Cindy Miller tweede en Marinda de Lange in die derde plek geëindig. In die dames C-divisie was Marie Pienaar eerste, Caroline Louw tweede en E Venter derde.
Daar is ook in die “Geen voorgee”-groep meegeding. Quinn Harmse, Jonty Jarvis en Branden Harmse was in die eerste drie plekke.
Na die prysuitdeling kon daar heerlik gesmul word aan ‘n uithalerete, geborg deur verskeie spyseniers.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.