KANSA “spin”

spinathon-fun-foto

LEPHALALE — KANSA Lephalale het Saterdag 19 November ‘n Spinathon by SrixZone gehou. Vyf spanne het aan dié uitdaging deelgeneem, naamlik The Blue Feathers; EOH 1; EOH 2; Awesome One; Me, Myself and I.
Me, Myself and I (Riana Bronkhorst), het nie deelgeneem aan die kompetisie nie, maar sy het wel die res uitgedaag met groot pret tot gevolg.
Elke spanlid het 5 minute fiets gery en dan is hul afstand neergeskryf. Aan die einde is al die afstande bymekaargetel om die totale afstand per span te bereken. Daar is in totaal 25 km afgelê.
Die wenners was as volg:
Verste afstand – individueel: Anika de Klerk;
Verste afstand – span: EOH 2 (Claudia Brooks, Caitlyn van der Schyff, Marelize Higgo en Amelia Higgo);
Tweede verste afstand – span: The Blue Feathers (Marilize van Niekerk, Suane van Niekerk, Derik van Niekerk en Anika de Klerk);
Beste spangees: EOH 1 (Santie van Zyl, Charlene van der Schyff, Madie Besseling, Sansie Carow);
Alleen “spinner”: Awesome One (Tharien Bronkhorst).

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.