Karphengel by Doorndraai

Sallie en Johan
Sallie en Johan

Leoni Kruger
LEPHALALE — Sallie Vermaak sê hy spog nie maklik nie, maar hulle gesin se ervaring by Doorndraaidam was iets besonders.
Tydens die Vermaaks se visvangnaweek in Augustus vang Sallie die grootste karp tot nog toe – ‘n bielie van 19.6 kg. Annelize, sy wederhelf, vang ook haar grootste karp ooit – ‘n volle 14.4 kg! Asof dit nie genoeg opwinding vir een dag is nie, vang Johan Raath (10), Sallie se kleinseun wat in Rustenburg woon, sy eerste grootte van 16.1 kg. Hy sê hulle wag nou net dat die jongste mannetjie, Liam (2½), sy eerste grootte uittrek.
Sallie sê Doorndraai is ‘n heerlike hengelplek met groot karpe, maar baie hengelaars gebruik verkeerde toerusting en daarom is die dam ontsettend besoedel met afgebreekte vislyn.
Hy doen ‘n beroep op hengelaars wat groot karp hengel om seker te maak hulle toerusting is opgewasse en eties korrek vir die groot vangs. Sallie sê hy het al gesien hoe hengelaars hulle lyne na ‘n hengelsessie uittrek. Wanneer dit vashaak, breek hulle eenvoudig die lyne af.
“Gebruik liewer bietjie geduld en gaan haal jou lyn met jou boot uit – alle spesiehengelaars gebruik bote om lyne tot 400 m diep in te vat” sluit Sallie af.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.