Karwassers was voort

LEPHALALE — Ses rugbyspelers van Hoërskool Ellisras is onlangs as Limpopo-spelers aangewys.
AJ Beukes is gekies vir die Grant Komo-span en Stephan Jansen van Vuuren, Gerrie Blom, Nico Oosthuizen, MC Pitout en Hannes Pretorius is gekies vir die Noordvaalspan. Hierdie spelers toer gedurende die Julievakansie saam met hulle onderskeie spanne om teen ander provinsies deel te neem.
Die skool wens hulle net die beste toe.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.