Kleuters wys hul staal

LEPHALALE – Ellisras Kleuterskool het Saterdag 16 Februarie hul jaarlikse interkleutersportdag aangebied by Laerskool Ellisras se sportveld. Deelnemende skole was Ellisras Kleuterskool, Olka Polka, Sonskynparadys en Kammaland.

Hierdie byeenkoms is jaarliks ʼn hoogtepunt vir deelnemende kleuters, ouers en oumas en oupas wat die toekomstige “olimpiese atlete” luidkeels aanmoedig.

Items soos kortafstande, verspring, spiesgooi en gewigstoot (met houtstokkies en sandsakkies) vir verskillende ouderdomme was op die program en medaljes en sertifikate is aan die trotse wenners op die rostrum uitgedeel.

Sonia Grobler, die nuwe hoof van die kleuterskool, is aan die gaste bekendgestel. Sy sê dat dit vir haar ʼn groot voorreg is om vir die eerste keer as hoof van die skool die sportdag by te woon. Dit help kleuters om van kleins af te sosialiseer, maar om ook op ʼn gesonde basis informeel te kompeteer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.