Klubkampioen Jaco

Foto van links na regs: Phillip du Toit, Nadia van Vuuren, Eddie Jacobs jr, Dave Diamond en Jaco en Suzette Loubser en hul kleingoed
Foto van links na regs: Phillip du Toit, Nadia van Vuuren, Eddie Jacobs jr, Dave Diamond en Jaco en Suzette Loubser en hul kleingoed

LEPHALALE — Die Mogol gholfklub se klubkampioenskappe is Saterdag en Sondag oor 36 putjies beslis. 53 spelers het deelgeneem.
Saterdag se wenners is as volg:
Beste netto – Chris Booysen (70 punte). beste bruto – Gerhard Pepler (71 punte). beste IS-punte – Dave Diamond (38 punte).
Sondag se wenners:
Beste netto – Gert Pepler (69 punte), beste bruto Jaco Loubser (71 punte) en beste IS-punte – Drickus Pepler (35 punte).
Die wenners oor die twee dae:
A-divisie:
1ste: Jaco Loubser (147 punte)
2de: Gerhard Pepler (151 punte)
B-divisie:
1ste: Phillip du Toit (173 punte)
2de: Pieter Schutte (176 punte)
C-divisie:
1ste: Dave Diamond (73 punte)
2de: Shane Pienaar (67 punte)
Juniorwenner: Eddie Jacobs jr (183 punte)
Dames:
1ste: Nadia van Vuuren (51 punte)
2de: Marieta Steyn (43 punte)
Jaco Loubser word as klubkampioen aangewys.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.