Kolhou vir Hekkie

Hekkie haal sy bal uit die blikkie nadat hy sy eerste kolhou aangeteken het!

LEPHALALE — Voormalige Mogolklub-bestuurder, Hekkie Gerber, het Saterdag 15 April op 75-jarige ouderdom sy eerste kolhou in gholf geslaan.
Hekkie het die gelukskoot op putjie 9 by Dolphin’s Creek-gholflandgoed by Groot Brakrivier behaal. Nadat sy seun Barend die inligting op Facebook gedeel het, is hy van oraloor geluk gewens, ook deur baie Bosvelders.
Hekkie skryf op sy FB-blad “Mogol Pos bly steeds na aan my hart. Groete aan al die Ellisrassers”.
Wat ‘n goeie beloning vir ‘n voormalige sportklubbestuurder!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.