“Kopskoot”-skietkompetisie

LEPHALALE – Mogolklub se skietsubseksie bied op Saterdag 13 Februarie ‘n opwindende “Kopskoot”-skietkompetisie by die Appelvlakte-skietbaan aan.
 Lede sowel as nie-lede is welkom om deel te neem. Teikens bestaan uit drie verskillende boksoorte in A3-grootte met skietafstande 200 m lê-posisie, 100 m sitposisie met enkelrus voor en 50 m staanposisie uit die vuis uit. Een skoot word geskiet op elke teiken op elke afstand en enige senterslagwapen kan gebruik word.
Inskrywingsgelde is R50 per rondte vir skietklublede en R100 vir nie-lede vir eerste rondte, waarna inskrywings ook vir nie-lede R50 per rondte sal wees.
Skuts moet eie skietmatjies, sandsakkies en skietstokke (bi-pods) asook verversings saamneem.
Inskrywings begin 07:00 en waarna die kompetisie dadelik sal begin.
Kontak Francois Badenhorst by 082 773 8480 vir verdere besonderhede.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.