Krieketkonings

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se eerste krieketspan het Dinsdag 25 September in Modimolle ʼn wedstryd gespeel teen die eerste span van Hoërskool Nylstroom. Die Nylies is met oortuiging geklop.

Conrad Prinsloo, Xander Higgo, Henrico Gouws, MC Pitout, Juan de Beer, Janco Lotter en Hendri Reynecke

Nylstroom kolf eerste. EHS se boulers het met mening ingeklim – Janco Lotter en Juan de Beer neem elk twee paaltjies en Hendri Reynecke een. Nylstroom kon net 114 lopies in die toegelate 23 boulbeurte aanteken, almal uit.

EHS se eerstes het net 12,5 boulbeurte van die Nylies nodig gehad om 117 lopies aan te teken. Lotter slaan 35 lopies van 19 balle, Henrico Gouws 22 en Lawrence Johnson 26 nie uit nie. EHS wen met sewe paaltjies en staan net drie paaltjies af.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.