Kring atletiekbyeenkoms

LEPHALALE — Die jaarlikse Kring Atletiekbyeenkoms is Vrydag 29 Januarie deur Laerskool Bosveld Primary by die Mogolklub aangebied. Puik prestasies is deur die atlete van die verskillende skole gelewer.
Die skole het soos volg gepresteer:

Skool 1ste plekke 2de plekke 3de plekke
Bosveld 34 31 36
Ellisras 28 26 22
Nelsonskop 9 9 9
Diteku 4 6 4
Lephalale Primary 2 6 6
Skuinskloof 2 4 1
Lerekhureng 3 2 2

‘n Verteenwoordigende Ellisrasspan is gekies om Vrydag 5 Februarie aan die Area Atletiekbyeenkoms te Laerskool Ellisras deel te neem. Laerskool Bosveld Primary wens al die atlete baie sterkte toe. “Hou Ellisras se naam hoog” sê hulle.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.