Laerskool Bosveld Primary

Netbal

Netbalafrigters van Laerskool Bosveld Primary wat hulle Provinsiale skeidsregtergradering gekry het is v.l.n.r.: Michelle de Nysschen, Lizbe du Toit en Wiidke Cronk

LEPHALALE — Drie netbal-spelers van Laerskool Bosveld Primary het Woensdag 2 Mei aan die Provinsiale proewe in Polokwane deelgeneem en Patunia Makgae is opgeneem in die o. 13-Limpopospan.

“Harde werk, baie oefening en deursettingsvermoë het hierdie Bossie-ster laat skitter,” sê die afrigters.

Die skool se netbalspanne het Donderdag 3 Mei te Laerskool Ellisras meegeding vir “bragging rights” oor wie die beste netbalskool in die dorp is.

Die Bossies het stof in die buurskool se oë geskop deur sewe uit die agt wedstryde te wen.

Die Bossiespelers, ondersteuners en afrigters bedank die spanne van Laerskool Ellisras vir ’n goeie dag en goeie sportmangees.

Dit is egter nie net die Bossie-netbaldogters wat goed presteer nie, maar ook die afrigters.

Michelle de Nysschen, Wiidke Cronk en Lizbe du Toit behaal Woensdag 2 Mei hulle Provinsiale skeidsregtergradering in Polokwane.

Skoolhoof Louwtjie Pretorius sê hulle is baie trots op die onderwysers wat hul staal op sportgebied wys. “Dit is ’n eer om julle as deel van die Bossie-onniespan te hê,” sê hy.


Bossierugby smaak oorwinning

LEPHALALE — Die rugbyspanne van Laerskool Bosveld Primary het Donderdag 3 Mei vyf uit vyf wedstryde op Laerskool Ellisras se velde teen die Rassies gewen.

Dit is die eerste keer in tien jaar dat die Bossies weer sulke uitstekende resultate teen hulle dorpsteenstanders behaal.

Die Bossie-afrigters sê hulle hoop om die dorpstroon te hou en hulle sien uit na ’n opwindende liga wat voorlê.


Sing, dans en vrolikheid

LEPHALALE — Die revuegroep van Laerskool Bosveld Primary het die gemeenskap op hul voete gehad met hulle optrede by die NG Kerk Albertyn se basaar.

Hulle het pragtig gelyk in hul klere en die Bossies se naam hoog gehou.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.