Laerskool Bosveld Primary

Bossierugby by Limpopo-uitspele

LEPHALALE — Laerskool Bosveld se o. 9- en eerste rugbyspan het die afgelope naweek in groot getalle opgetrek na Bela-Bela (Warmbad) vir die jaarlikse Limpopo-uitspeelkompetisie. “Dit was die hoogtepunt van al die harde werk en opofferings wat gemaak is om tot hier te kom – nou was dit ons kans,” sê die afrigters.

Die o. 9-span het hulle harte uitgespeel teen Laerskool Tzaneen, maar hulle verloor die wedstryd met ’n telling van 27-0. Die afrigters sê ongeag die teleurstelling om in die uitspele te verloor, het dié span ’n baie goeie seisoen gehad waarvan hulle 12 uit die 14 wedstryde gewen het.

Die eerste span het hulle wedstryd gespeel teen Hoër Suidskool van Polokwane. Die eerste span van Suidskool wen die wedstryd met ’n telling van 22-10 en hulle wen ook later die middag die finaal teen Laerskool Thabazimbi.

Die rugbyafrigters sê vanjaar se spelers het hulle beste gegee en baie verwagtinge is oortref.

“Ons is ongelooflik trots op julle Bossie-ysters. Baie dankie vir julle harde werk – dit was ’n rugbyseisoen om te onthou,” sê hulle.


Bossie-hokkietoer onvergeetlik

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se hokkiespanne het Vrydag 15 Junie na Jubaweni vertrek vir ’n hokkietoer en hulle afrigters sê dit is ’n goeie manier om die komende kwartaal se liga te begin.  

Die o. 11- en o. 13-span het baie goed gevaar teenoor die spelers van skole van verskillende provinsies, waaronder Noordwes, Gauteng en Limpopo.

Lesego Modimola won the award for the Most Promising Senior Player. The coaches say they are extremely proud of Lesego.

Die spelers bedank die afrigters en organiseerders vir ’n onvergeetlike toer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.