Laerskool Bosveld Primary

Bossie-hokkiebokkies

V.l.n.r.: Catelynne Beets, Talitha van der Schyff, Sumarike Fryer, La-Rochelle Stemmet, Lillian Kempen, Skylar Rautenbach, Loryne de Beer, Christi Fuls, Elaiza Calitz, Karmi Albertyn is die mini-hokkiebokkies van Laerskool Bosveld Primary wat hulle laaste wedstryd van die seisoen gespeel het

LEPHALALE — Die mini-hokkiedogters van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag 8 September aan hul laaste wedstryde van die seisoen deelgeneem te Laerskool Thabazimbi. Die afrigters en dogters kyk terug na ’n goeie seisoen en sien uit na 2019.


Landlopers kompeteer nasionaal

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se tien landlopers het Saterdag 8 September aan die SA-kampioenskappe te Port Elizabeth deelgeneem.

Die afrigters, leerders en ouers bedank al die borge wat dit vir hulle moontlik gemaak het om die kampioenskappe by te woon.


Spanwerk: minder ék en meer óns

Saam maak ons ’n span!

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se graad 6-groep het Jubaweni vanaf 28-31 Augustus besoek vir die jaarlikse Oos-kamp.

Spanwerk het die aktiwiteite meer pret gemaak en die “Paint Ball” was die hoogtepunt – die seuns het boonop vir die onderwysers ore aangesit.

Die doel van hierdie jaarlikse kamp is om leiers vir 2019 te identifiseer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.