Laerskool Ellisras

Hou dié span dop!

Die o. 11-hokkiespan van Laerskool Ellisras het al drie hulle ligawedstryde vir hierdie seisoen gewen. Die afrigters sê groot dinge is vir hierdie span beskore – “hou hulle dop”.


Rassies praat Engels

Sowat 40 leerders van Laerskool Ellisras het verlede Donderdag aan ʼn geslaagde “Public Speaking”-geleentheid deelgeneem.
Leerders uit alle grade kon deelneem en daar is ʼn beste spreker in elke graad aangewys.
Sertifikate is aan die deelnemers oorhandig.


Nuwe trompoppieleier

Lexine van Rooyen van Laerskool Ellisras is onlangs aangewys as nuwe leidster vir haar skool se Trompoppies 2019.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.