Laerskool Ellisras

Junior koor deur na finaal

Laerskool Ellisras se Junior koor het deurgedring na die finaal van die Sing in Harmonie-skoolkoorkompetisie wat deur kykNET aangebied word. Dit is tans die grootste skoolkoorkompetisie in Suid-Afrika. Die afrigters en koorlede bedank die ouers en gemeenskap van Lephalale wat vir hulle gestem het.
Die finaal van die kompetisie word op 24 September by die Silverstar Casino in Krugersdorp gehou.

 


Krieket-eerstes wen

Laerskool Ellisras se eerste krieketspan het die span van Laerskool Nylstroom met 77 lopies gewen


Elf deur na Waterbergkrieketproewe

Al elf seuns van Laerskool Ellisras wat aan die Streekkrieketproewe deelgeneem het, het deurgedring na die Waterbergproewe.
Hulle is agter v.l.n.r.: Reon Naudé, Mohau Tswidi, Divan Malan, Xander Loubser en Francis Makgae. Middel: SJ Stander, FJ Drotskie en Lourens Pieterse en voor: Elardus Erasmus, Cilliers van der Merwe en Arno Besseling

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.