Laerskool Ellisras

Minihokkie

LEPHALALE — Die o. 8-minihokkie-span van Laerskool Ellisras is Saterdag 25 Augustus vir die tweede agtereenvolgende jaar as toernooiwenners gekroon by die jaarlikse minihokkiedag, gehou by Laerskool Koedoeskop.

Die o. 6- en o. 7-minihokkiespan het ook deelgeneem en net een van die vier wedstryde wat hulle gespeel het verloor.


Oud-Rassie raak bul

LEPHALALE — Johan Ross, oudleerder van Hoërskool Ellisras en tans onderwysstudent by Laerskool Ellisras en rugby-speler van Mogol Rugbyklub, het Lephalale onlangs as genomineerde speler by die Limpopo Blou Bulle Platteland-spanproewe verteenwoordig.

Ross is gekies uit ʼn groep van 50 spelers om die Limpopo Blou Bulle Platteland-span Saterdag 15 September te Loftus Versfeld te verteenwoordig teen die Blou Bulle Plattelandspan.

Op 22-25 September draf hy weer by Loftus op om sy span te verteenwoordig teen die Blou Bulle Platteland en die Luiperds.


Trompoppies

Klara Grieshaber, Danika Malherbe, Michaela Schoeman en Lebo Molebatsi van Laerskool Ellisras het Saterdag 25 Augustus hulle Limpopokleure gekry in Drummajorettes.

 

 

 

 

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.