Hokkie
Al drie hokkiespanne van Laerskool Ellisras het Donderdag 10 Augustus weg-wedstryde teen Laerskool Thabazimbi gespeel.
Die Rassies se spel het die wedstryde oorheers en hulle teenstanders kon nie een punt teen hulle aanteken nie.
Die o. 11-span speel gelykop, die o. 13B-span wen 4 – 0 en die eerste span wen 3 – 0.
Sokker
Die sokkerseisoen het Donderdag 10 Augustus goed begin op Laerskool Ellisras se velde. Die Rassies se o. 11-span wen Laerskool Bosveld Primary met ‘n telling van 2 – 1 en die eerste spanne speel gelykop met nul elk.
Krieket
Hanru Lourens, Mahau Tswidi, Xander Loubser, Divan Malan, Reon Naude en FJ Drotski het aan die eerste krieketproewe deelgeneem en hulle het deurgedring na die Waterbergproewe wat op 19 Augustus by Bela-Bela (Warmbad) gehou word