Landloop-Lara is 2de

Lara van Staden is landloop se baas
Lara van Staden is landloop se baas

Leoni Kruger
SWARTWATER — Lara van Staden (graad 4) van Laerskool Unitas in Swartwater, het die afgelope naweek, as lid van die Limpopospan, aan die SA landloopkampioenskappe in George deelgeneem. Lara het ook Limpopokleure vir gimnastiek.
Lara het ‘n 41ste plek behaal uit die sowat 150 deelnemers in haar ouderdomsgroep (o. 10) en sy behaal ‘n algehele tweede plek uit die Limpopo-deelnemers.
Laerskool Unitas sê hulle loop breëbors rond oor dié goeie prestasie uit hulle geledere.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.