LBP lewer `n voorsitter

LEPHALALE — Een van Laerskool Bosveld Primary se studentonderwysers, Marno Pepler, het onlangs gehoor dat hy as Limpopo-laerskole se gholfvoorsitter verkies is.
`n Algemene vergadering is Vrydag 28 Julie gehou waartydens die agenda en liga vir die jaar bepaal is.
Pepler sê hy hoop om die liga binne die provinsie te vestig en om veral die jonger dames na die heerlike spel in die buitelug te lok.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.