Lekker by Lekkerbreek

Pieter, Marietjie en Marthie, lede van Mogol rolbalklub by Lekkerbreek

LEPHALALE — Drie lede van die Mogol rolbalklub het 19 en 20 Augustus vriendskaplike wedstryde te Lekkerbreek naby Modimolle teen spanne van oraloor gespeel. Marietjie de Beer en Pieter Pieterse het algeheel vierde geëindig uit 10 spanne en Marthie Scheepers en haar spanmaat, Rob, algeheel sewende.
Volgens dié drie was dit ‘n baie gesellige byeenkoms wat in goeie gees gespeel is. Linton en Ella Burger nooi alle belangstellendes uit om by hulle aan te sluit. Balle vir oefening is beskikbaar by die rolbalklub en oefeninge is Dinsdae en Donderdae vanaf 17:30 en Saterdae vanaf 13:30. Kontak Ella gerus by 082 895 9477 of Linton by 083 657 4089.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.