Lekker gholfdag

Ria Wells
LEPHALALE — Die Nederduitch Hervormde Kerk Onverwacht het Saterdag ‘n geslaagde gholfdag aangebied met 117 spelers wat deelgeneem het.
Ds Bernard Prinsloo het spelers hartlik bedank vir hul deelname en gesê dat hy glo dat goeie vriendskappe gesmee is. Voortreflike pryse was op die spel en die meeste spelers is daar weg met iets spesiaal. Gert du Plessis het verder luister aan die aand verleen met ‘n veiling wat hy waargeneem het om te sorg dat die kerk se koffers byna oorloop! Jan Pretorius, organiseerder, het die borge bedank vir die uithalerpryse en het ook die prysuitdeling behartig.
Naaste aan die penne was Abel Lefowane op putjie 4, Luan Lawson op 8, Riaan Nel op 11 en Gerhard Pepler op 15.
Pieter Brown en Piet Smuts het in die eerste plek geëindig met 48 punte, Neels Vermaak en Theunis Nel in die tweede plek met 46 punte en Roche Pieterse en Ruan Weber in die derde plek met 46 punte.
Die aand is afgesluit met ‘n heerlike ete.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.