Leon ook lid

Leon Strydom
Leon Strydom

LEPHALALE — Leon Strydom het Saterdag 9 April sy 50ste parkrun voltooi.
Hy het 36 van sy parkruns by Mogol parkrun voltooi en ander parkuns voltooi by onder andere die Pretoria Botaniese Tuine, die Voortrekkermonument, Hartenbos, George en Summerfields by die Kruger Nasionale Park.
Hy spog met ‘n persoonlike beste tyd van 38 minute en 33 sekondes.
Leon hou die vinnigste tyd vir ‘n plaaslike parkrunner in sy ouderdomsgroep by Mogol parkrun, net twee besoekers het al vinniger tye in hierdie ouderdomsgroep gehaal.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.