Limpopo-atlete na SA’s

Charné Vosloo, Larissa Nel, Loutjie Steenekamp en Bernice Möller
Charné Vosloo, Larissa Nel, Loutjie Steenekamp en Bernice Möller

Fransa de Beer
LEPHALALE — Atlete van Hoërskool Ellisras het Saterdag 12 Maart as lede van die Mogol-atletiekklub by Peter Mokaba-stadion te Polokwane deelgeneem om te kwalifiseer vir die SA’s later in Maart.
Loutjie Steenekamp behaal ‘n eerste plek in die 400 m hekkies en ‘n tweede plek in die 110 m hekkies. Hy kwalifiseer met beide items vir SA’s.
Larissa Nel behaal ‘n eerste plek in die 100 m hekkies en ‘n derde plek in die 400 m en die 100 m. Sy kwalifiseer met al drie items vir die SA’s. Charnè Vosloo kry ‘n tweede plek in die 100 m en kwalifiseer ook om SA’s toe te gaan. Bernice Moller behaal ‘n tweede plek in die 300 m hekkies en ‘n vierde plek in die 100 m.
Hoërskool Ellisras se Limpopo-atlete is Conrad Prinsloo, Revel de Bruin, Larissa Nel, Loutjie Steenekamp en Charnè Vosloo.
Die atlete bedank hulle afrigters en veral hul ouers vir volgehoue ondersteuning.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.