Limpopo-skuts!

Leoni Kruger
LEPHALALE — Hennie en Werdie van Staden van Mogol Nyala Booglub het 13 en 14 Mei deelgeneem aan die Limpopo Field-kampioenskappe by Thabazimbi boogskietklub. Skuts van regoor die land het deelgeneem.
Volgens Hennie het onverwagse reën en hael veroorsaak dat die skuts twee keer moes onttrek uit die veld om te wag vir die reën en hael om oor te gaan.
Werdie het in die Adults Male Freestyle Unilimited (AMFU) afdeling tot en met 80 jaarts die eerste dag in die Field-ronde ‘n nuwe rekord van 552 uit 560 geskiet. Hy skiet albei dae wentellings en stap weg as Limpopo-kampioen met ‘n goue medalje.
Hennie neem deel in die Adults Male Bow Hunter Unlimited (AMBU) afdeling. Hy skiet albei dae goeie tellings en ontvang ook ‘n goue medalje.
Mogol Nyala Boogklub se skuts skiet die naweek van 20 Mei in die tweede been van die Adults Bow Hunter Ope (ABO) in Krugersdorp.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.