Lourens stralend terug

Lourens tydens die New Balance National Championships in Noord-Carolina
Lourens tydens die New Balance National Championships in Noord-Carolina

Ria Wells
LEPHALALE – Lourens Steenekamp is veilig en stralend terug in Suid-Afrika na sy deelname in Noord-Carolina aan die New Balance National Championships.
Die begaafde atleet het weer in ouer ouderdomsgroepe deelgeneem. In die 110 m hekkie-item het hy 31ste uit 34 atlete geëindig met ‘n tyd van 15.05s. Hy blink uit in die 400 m hekkie-item waar hy in sy lopie ‘n eerste plek behaal met ‘n tyd van 53.88s. Dit beteken dat Lourens ‘n 14de plek uit 33 atlete behaal het.
Volgens Lourens was dit weer eens ‘n groot ervaring en belewenis en hy en sy ma, Allen, bedank ieder en elk vir al die bydraes wat hom in staat gestel het om vir ‘n tweede keer te kon gaan deelneem en bowenal vir die wonderlike talent wat hy ontvang het.
Hou gerus hierdie atleet dop!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.