Maggies Mogol-rugby!

LEPHALALE — Mogolrugby het verlede Vrydag 27 Mei gewys wie is baas deur hulle wedstryd teen Vaalwater te wen met ‘n telling van 46-0.
Drieë is gedruk deur Nils Meiring, Werner Kriek, Cameron Potgieter, Albert Schoeman, Marikus Cloete en Kobus Pretorius.
Heinri Markgraaf, Jean Myburg en Johanco Pearson was die skoppers.
Mogolrugby speel Vrydag 3 Junie teen Nylstroom en Phagameng op tuisveld. Volgens die afrigters beloof dit om weer goeie wedstryde te wees en hulle nooi die gemeenskap uit om hulle te gaan ondersteun.
Daar sal ‘n kontantkroeg, heerlike kos en musiek wees. Die wedstryde is vanaf 19:00 geskeduleer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.