Martie groet …

LEPHALALE — Martie Liebenberg is ‘n ystervrou wat haar met hart en siel in die rolbalsport uitgeleef het. Sy het haar ook as administrateur van die Mogol rolbalklub uitmuntend van haar taak gekwyt.
Na 15 jaar in Lephalale verhuis Martie nou Kuruman toe. Die lede van die Mogol rolbalklub wens haar vrede, liefde en voorspoed toe en bedank haar vir haar kennis wat sy gedeel het op die rolbalbaan en sê dat dit ‘n groot voorreg was om saam met haar balle te kon rol. Sy gaan vir seker gemis word.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.